Eksodus 18:24-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Moses het na sy skoonpa geluister en gedoen wat hy gesê het.

25. Moses het bekwame manne uit Israel gekies en hulle aangestel as hoofde oor die volk: leiers oor duisend, oor honderd, oor vyftig en oor tien.

26. Hulle het deurentyd hofsittings gehou. Die belangrike sake is na Moses verwys, en die geringes is deur die leiers verhoor.

27. Moses het toe afskeid geneem van sy skoonpa, en sy skoonpa is terug na sy eie land toe.

Eksodus 18