1. Hier volg die name van die Israeliete wat saam met Jakob na Egipte toe gekom het, elkeen met sy gesin:
2. Ruben, Simeon, Levi en Juda;
3. Issaskar, Sebulon en Benjamin;
4. Dan, Naftali, Gad en Aser.
5. Jakob het sewentig afstammelinge gehad. Josef was toe al in Egipte.
6. Met verloop van tyd het hy en al sy broers, daardie hele geslag, gesterwe.