Efesiërs 5:28-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief,

29. want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen

30. omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is.

31. Daar staan in die Skrif: “Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees.”

32. Hierin lê daar 'n diep geheimenis opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk.

33. Maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet, en 'n vrou moet aan haar man eerbied betoon.

Efesiërs 5