Die Openbaring 7:8-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. uit die stam Sebulon twaalf duisend,uit die stam Josef twaalf duisend, enuit die stam Benjamin is daar twaalf duisend gemerk.

9. Hierna het ek 'n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande.

10. Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!”

11. Al die engele het rondom die troon, die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan. Hulle het toe voor die troon gekniel met hulle gesigte na die grond toe en het God aanbid

12. en gesê:“Amen! Die lof en die heerlikheid,die wysheid, die dank en die eer, die mag en die sterkte behoort aan ons Godtot in alle ewigheid. Amen!”

13. Een van die ouderlinge vra toe vir my: “Hierdie mense met die wit klere aan, wie is hulle en waar kom hulle vandaan?”

Die Openbaring 7