Die Openbaring 22:18-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is;

19. en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is.

20. Hy wat dit alles getuig, sê:“Ja, Ek kom gou!”Amen! Kom, Here Jesus!

21. Die genade van die Here Jesus sal by almal wees.

Die Openbaring 22