Die Openbaring 21:22-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. 'n Tempel het ek nie in die stad gesien nie, want sy tempel is die Here God, die Almagtige, en die Lam.

23. Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.

24. Die nasies sal in die stad se lig lewe, en die konings van die aarde verleen luister daaraan.

25. Die poorte daarvan word gedurende die hele dag nooit toegesluit nie: daar sal nie meer nag wees nie.

26. Die mense sal die luister en die rykdom van die nasies daarheen bring.

27. Niks onreins en niemand wat iets losbandigs en vals doen, sal ooit daarin kom nie, maar net dié wie se name in die boek van die lewe, die boek van die Lam geskrywe staan.

Die Openbaring 21