3. en met 'n harde stem uitgeroep soos 'n leeu wat brul. Toe hy uitroep, het sewe donderslae geantwoord.
4. En toe die sewe donderslae praat, wou ek dit opskrywe, maar ek het 'n stem uit die hemel hoor sê: “Hou geheim wat die sewe donderslae gesê het; moet dit nie opskrywe nie.”
5. Die engel wat ek op die see en die land sien staan het, het toe sy regterhand na die hemel toe opgelig
6. en 'n eed afgelê by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel en wat daarin is, die land en wat daarop is, die see en wat daarin is, geskep het. Hy het met 'n eed bevestig: “Daar is geen tyd meer oor nie.