16. “Julle mag nie die geduld van die Here julle God op die proef stel soos julle by Massa gedoen het nie.
17. Julle moet die gebooie van die Here julle God, sy verordeninge en sy voorskrifte, wat Hy jou gegee het, stiptelik gehoorsaam.
18. “Doen wat reg is in die oë van die Here, sodat dit goed kan gaan met jou en dat jy die goeie land wat die Here met 'n eed aan jou voorvaders beloof het, kan ingaan en in besit neem,
19. dat jy al jou vyande kan verdryf soos die Here belowe het.
20. “Wanneer jou seun jou in die toekoms vra: Wat beteken die verordeninge en die voorskrifte en die bepalings wat die Here ons God vir u gegee het?
21. moet jy hom antwoord: Ons was in Egipte die farao se slawe, en die Here het ons daar deur sy magtige dade bevry
22. toe Hy voor ons oë tekens en groot wonderdade gedoen het en rampe oor Egipte laat kom het, oor die farao en sy hele huis.
23. Maar vir ons het die Here daarvandaan laat wegtrek om ons in hierdie land te bring en dit vir ons te gee soos Hy aan ons voorvaders met 'n eed belowe het.
24. Die Here het ons beveel om volgens al hierdie voorskrifte te lewe en om die Here ons God te dien, sodat dit altyd goed kan gaan met ons en sodat ons kan bly lewe soos dit nou die geval is.
25. Ons sal die wil van die Here ons God doen as ons hierdie hele wet in sy teenwoordigheid gehoorsaam en daarvolgens lewe soos Hy ons beveel het.”