1. Moses het uit die Moabsvlakte opgeklim na Neboberg toe, tot op die top van Pisgaberg regoor Jerigo. Die Here het hom die hele land gewys: van Gilead af tot by Dan,
2. die hele Naftali, die gebied van Efraim en Manasse en die hele Juda tot by die see in die weste,
3. die Suidland en die vlakte, die Jerigolaagte met sy palms tot by Soar.
4. Die Here het vir Moses gesê: “Dit is die land wat Ek met 'n eed beloof het aan Abraham en Isak en Jakob. Ek het gesê: ‘Ek gee dit aan jou nageslag.’ Ek het jou dit met jou eie oë laat sien, maar jy sal nie daarheen deurtrek nie.”
5. Moses, die dienaar van die Here, het daar in die land Moab gesterf soos die Here beveel het.