1. “Dit kan gebeur dat twee mans in 'n hofsaak betrokke raak en dat die regters uitspraak lewer en die een onskuldig verklaar en die ander een skuldig.
2. Wanneer die skuldige dan lyfstraf opgelê is, moet 'n regter hom op die grond laat lê, en hy moet in die teenwoordigheid van die regter soveel houe kry as hy verdien.
3. Hy mag nie meer as veertig houe kry nie, want as hy meer as dit kry, word jou volksgenoot voor jou oë verkleineer.
4. “Jy mag nie 'n bees waarmee jy graan dors, se bek toebind nie.”
5. “Wanneer broers saamwoon, en een van hulle sterf sonder 'n seun, mag sy weduwee nie met 'n buitestaander trou nie. Haar man se broer moet met haar trou en so sy verantwoordelikheid nakom teenoor sy broer.
6. Haar eerste seun moet die naam van die afgestorwe broer dra sodat sy naam nie uit Israel uitsterf nie.
7. As die broer nie met sy broer se weduwee wil trou nie, moet sy na die leiers in die stadspoort toe gaan en vir hulle sê: ‘My swaer weier om die naam van sy broer in Israel te laat voortleef. Hy weier om met my sy verantwoordelikheid na te kom teenoor sy broer.’