Deuteronomium 25:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Dit kan gebeur dat twee mans in 'n hofsaak betrokke raak en dat die regters uitspraak lewer en die een onskuldig verklaar en die ander een skuldig.

2. Wanneer die skuldige dan lyfstraf opgelê is, moet 'n regter hom op die grond laat lê, en hy moet in die teenwoordigheid van die regter soveel houe kry as hy verdien.

3. Hy mag nie meer as veertig houe kry nie, want as hy meer as dit kry, word jou volksgenoot voor jou oë verkleineer.

4. “Jy mag nie 'n bees waarmee jy graan dors, se bek toebind nie.”

5. “Wanneer broers saamwoon, en een van hulle sterf sonder 'n seun, mag sy weduwee nie met 'n buitestaander trou nie. Haar man se broer moet met haar trou en so sy verantwoordelikheid nakom teenoor sy broer.

Deuteronomium 25