Deuteronomium 24:9-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Jy moet onthou wat die Here jou God vir Mirjam aangedoen het toe julle uit Egipte weggetrek het.

10. “Wanneer jy iets aan jou buurman leen, mag jy nie in sy huis ingaan om iets as pand te gaan vat nie.

11. Jy moet buite staan en die man aan wie jy geleen het, moet vir jou die pand uitbring buite toe.

12. As die man arm is, moet jy nie die pand ná slaaptyd hou nie.

Deuteronomium 24