3 Johannes 1:6-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Hulle het hier voor die gemeente vertel van jou liefde. Help hulle asseblief vir hulle verdere reis op 'n wyse soos God dit verwag,

7. want hulle is op reis om Christus te verkondig, en hulle ontvang niks van die heidene nie.

8. Dit is dus óns plig om sulke mense te onderhou, sodat ons daardeur ons deel kan bydra tot die verspreiding van die waarheid.

9. Ek het 'n briefie aan julle gemeente geskrywe, maar Diotrefes, wat danig daarop gesteld is dat hy hulle voorganger is, aanvaar nie ons gesag nie.

3 Johannes 1