1. Op 'n dag het Dawid gevra: “Het daar nie miskien iemand uit Saul se familie oorgebly nie? Ek sou hom graag onder my sorg wil neem ter wille van Jonatan.”
2. Hulle het toe vir Siba, 'n amptenaar van Saul se hofhouding, na hom toe laat roep.“Is jy Siba?” vra die koning hom.Hy antwoord: “Ek is u onderdaan.”
3. “Is daar nie miskien iemand uit Saul se familie oor nie?” wou die koning weet. “Ek wil hom 'n besondere guns bewys.”“Daar is nog 'n kreupel seun van Jonatan,” was Siba se antwoord aan die koning.