21. Die Filistyne het selfs hulle afgodsbeelde net daar gelos, en Dawid en sy manskappe het dit opgetel.
22. Toe die Filistyne weer opruk en die Spooklaagte binneval,
23. het Dawid die Here geraadpleeg.Die Here het gesê: “Moenie optrek nie. Draai na hulle agterhoede toe en val hulle aan regoor die melkbosse.
24. Wanneer jy 'n geritsel in die toppe van die melkbosse hoor, moet jy blitsvinnig aanval, want dan trek die Here voor jou uit om die kamp van die Filistyne te tref.”
25. Dawid het gemaak soos die Here gesê het en die Filistyne van Geba af tot by die ingang na Geser verslaan.