1. Toe Is-Boset seun van Saul verneem dat Abner in Hebron dood is, was hy tot niks in staat nie, en die hele Israel was skrikbevange.
2. Daar was twee bendeleiers by Is-Boset. Die een se naam was Baäna en die ander s'n Rekab. Hulle was kinders van Rimmon die Beërotiet, uit die geledere van Benjamin. Beërot is vroeër by Benjamin gereken,
3. maar die Beërotiete het na Gittajim toe gevlug, waar hulle nou nog asiel het.
4. Saul se seun Jonatan het 'n seun gehad met gebreklike voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding oor Saul en Jonatan uit Jisreël gekom het, en die vrou wat hom versorg het, het hom opgetel en gevlug, maar in haar haas het hy geval en so kreupel geword. Sy naam was Mefiboset.
5. Rekab en Baäna, seuns van Rimmon die Beërotiet, het op die warmte van die dag, terwyl Is-Boset besig was om sy middagslapie te geniet, by sy huis aangekom.