2 Samuel 24:3-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Joab het die koning geantwoord: “Selfs al sou die Here u God die volk honderd maal laat vermeerder en die koning sien dit self, watter genot sou dit u verskaf?”

4. Toe die koning egter vir Joab en die leëroffisiere nadruklik so beveel, is hulle van hom af weg om die volk te tel.

5. Hulle het deur die Jordaan gegaan en by Aroër suid van die stad by die spruit begin. Daarvandaan is hulle na Gad en Jaeser toe

6. en het hulle Gilead deurgegaan tot by die land onderkant Kades. Toe het hulle by Dan gekom en daarvandaan is hulle oor Sidon,

7. waarna hulle by die vesting Tirus en al die stede van die Hewiete en Kanaäniete gekom het. Toe is hulle af na Berseba toe in die suide van Juda.

8. Hulle het die hele land deurreis en na nege maande en twintig dae weer in Jerusalem teruggekom,

9. en Joab het die uitslag van die telling aan die koning gegee. Israel was ag honderd duisend weerbare man wat kon oorlog maak en Juda vyf honderd duisend.

10. Nadat hy die volk laat tel het, het Dawid se gewete hom gekwel. Hy het teenoor die Here bely:“Ek het swaar gesondig met wat ek gedoen het.Vergewe tog nou my oortreding, Here!Waarlik, ek het baie dwaas opgetree.”

2 Samuel 24