1. Na afloop van die twintig jaar waarin Salomo die huis van die Here en sy eie paleis gebou het,
2. het hy die stede wat Hiram aan hom oorgedra het, weer opgebou en Israeliete daar gevestig.
3. Hy het na Hamat-Soba toe gegaan en dié ingeneem.
4. Hy het Tadmor in die woestyn versterk, en ook al die voorraadstede wat hy in Hamat gebou het.
5. Hy het Bet-Goron-Bo en Bet-Goron-Onder herbou, vestingstede met mure, poortdeure en sluitbalke;