2 Kronieke 3:9-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Die goue spykers het bietjie meer as 'n halwe kilogram geweeg. Ook die bovertrekke het hy met goud oorgetrek.

10. In die Allerheiligste het hy twee gerubs gemaak, gegote stukke, en hulle ook met goud oorgetrek.

11. Die vlerke van die gerubs was saam tien meter lank. Die een gerub se een vlerk het aan die een muur van die vertrek geraak, en sy ander vlerk aan dié van die ander gerub.

12. Die een vlerk van die ander gerub het aan die ander muur van die vertrek geraak, en sy ander vlerk was vas aan die ander gerub s'n. Elke vlerk was twee en 'n half meter lank.

2 Kronieke 3