17. Salomo het 'n opname laat maak van al die nie-Israeliete in Israel. Dit was ná die opname wat Dawid, sy pa, reeds van hulle laat maak het. Daar is gevind dat hulle een honderd drie en vyftig duisend ses honderd is.
18. Hy het toe sewentig duisend van hulle as draers en tagtig duisend as klipkappers aan die gang gesit in die berge. Daar was drie duisend ses honderd opsigters om die manne aan die werk te hou.