2 Kronieke 13:14-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Toe die Judeërs omkyk en sien hulle word van voor en van agter bedreig, het hulle na die Here om hulp geroep en het die priesters die trompette geblaas.

15. Die manskappe van Juda het die oorlogskreet aangehef, en God het Jerobeam en die hele Israel 'n neerlaag laat ly teen Abia en Juda.

16. Die Israeliete het vir Juda gevlug, want God het Israel in die mag van Juda oorgegee.

17. Abia en sy manne het 'n groot slagting onder hulle aangerig. Vyf honderd duisend van Israel se uitgesoekte manne het gesneuwel.

18. So is die Israeliete destyds 'n vernederende neerlaag toegedien, en het Juda die oorhand gekry omdat hulle gesteun het op die Here, die God van hulle voorvaders.

19. Abia het sy oorwinning oor Jerobeam opgevolg met die besetting van verskeie van Jerobeam se stede: Bet-El, Jesana en Efron, elkeen met sy voorposte.

20. Gedurende die regeringstyd van Abia kon Jerobeam nie sy mag herwin nie. Die Here het hom onverwags laat sterf.

21. Abia se mag het toegeneem. Hy het veertien vrouens gehad en was die pa van twee en twintig seuns en sestien dogters.

22. Die res van die verhale oor Abia, wat hy gedoen en gesê het, is opgeteken in Die Kommentaar van die Profeet Iddo.

2 Kronieke 13