2 Kronieke 12:13-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Koning Rehabeam het 'n stewige houvas op die koningskap in Jerusalem gehad en het aangehou regeer. Hy was een en veertig toe hy koning geword het en was sewentien jaar lank koning in Jerusalem, die stad wat deur die Here onder al die Israelitiese stamme gekies is om sy Naam daar te vestig.Rehabeam se ma was Naäma, 'n Ammonitiese vrou.

14. Hy het gedoen wat verkeerd is en hy het hom nie daarop toegelê om na die wil van die Here te vra nie.

15. Die verhale oor Rehabeam, dié van vroeër sowel as dié van later, is opgeteken in Die Verhale van die Profeet Semaja en die Siener Iddo, wat oor die geslagsregister handel. Daar was deurentyd oorlog tussen Rehabeam en Jerobeam.

16. Rehabeam is oorlede, en hy is begrawe in die familiegraf in die Dawidstad. Sy seun Abia het hom as koning opgevolg.

2 Kronieke 12