2 Kronieke 11:17-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. So het hulle die koninkryk van Juda verder versterk en drie jaar by Rehabeam seun van Salomo gestaan. Hulle het dié drie jaar in die spore van Dawid en Salomo gevolg.

18. Rehabeam was getroud met Magalat. Haar pa was Jerimot seun van Dawid en haar ma was Abihajil dogter van Eliab, seun van Isai.

19. Magalat het vir hom die seuns Jeüs, Semarja en Saham in die wêreld gebring.

20. Later is Rehabeam ook getroud met Maäka dogter van Abisalom en by haar het hy vier seuns gehad: Abia, Attai, Sisa en Selomit.

2 Kronieke 11