2 Konings 24:17-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Hy het vir Mattanja, 'n oom van Jojagin, in sy plek koning gemaak en sy naam verander na Sedekia.

18. Sedekia was een en twintig toe hy koning geword het en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Gamutal, 'n dogter van Jeremia uit Libna.

19. Sedekia het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en het in alles die voorbeeld van Jojakim gevolg.

20. Die toorn van die Here was op Jerusalem en Juda; Hy wou hulle wegvee uit sy teenwoordigheid uit.Sedekia het in opstand gekom teen die koning van Babel,

2 Konings 24