2 Konings 17:39-41 Afrikaans 1983 (AFR83)

39. Julle moet net die Here julle God dien. Hy sal julle red uit die mag van al julle vyande.”

40. Maar hulle was ongehoorsaam: hulle het hulle vroeëre gebruike gehandhaaf.

41. Hierdie nasies het nie net die Here vereer nie, maar ook hulle eie afgodsbeelde gedien, en tot vandag toe nog volg ook hulle kinders en kleinkinders hulle voorbeeld.

2 Konings 17