16. hulle probeer verhoed dat ons aan die heidene die boodskap bring waardeur hulle gered kan word. Die Jode het nog altyd gesondig, maar nou het hulle die maat van hulle sondes vol gemaak. Nou is dit klaar: die oordeel van God het hulle begin tref.
17. Wat ons betref, broers, toe ons nog maar 'n kort rukkie van julle geskei was — wel uit die oog, maar nie uit die hart nie — het ons so baie na julle verlang dat ons alles in ons vermoë gedoen het om julle weer te sien.
18. Daarom wou ons weer na julle toe kom; ek, Paulus, het keer op keer probeer kom, maar die Satan het ons verhinder.
19. Wie anders tog as julle is ons hoop en ons blydskap, die kroon op ons werk waarop ons trots sal wees wanneer ons met sy wederkoms voor die Here Jesus sal verskyn?
20. Júlle is immers ons trots en ons blydskap!