1. Toe die ark van die Here sewe maande in Filistynse gebied was,
2. het die Filistyne hulle priesters en waarsêers ontbied en gevra: “Wat moet ons met die ark van die Here doen? Sê vir ons hoe ons dit na sy eie plek toe kan terugstuur.”
3. En hulle het geantwoord: “As julle die ark van die God van Israel terugstuur, moet julle dit nie sommerso terugstuur nie. Julle moet dit teruggee met 'n behoorlike geskenk daarby. Dan sal julle gesond word en weet waarom sy hand so swaar op julle gebly het.”