1 Samuel 4:5-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Toe die verbondsark van die Here in die laer kom, het die hele Israel so hard geskreeu dat die aarde weergalm het.

6. Die Filistyne het die geskreeu gehoor en gevra: “Wat vir 'n geskreeu is dit daar in die laer van die Hebreërs?”Die Filistyne het toe uitgevind dat die ark van die Here in die kamp aangekom het.

7. Hulle het bang geword, want hulle het gesê: “God het in die kamp gekom.”Verder het hulle gesê: “Dis klaar met ons, want so iets het nog nooit gebeur nie.

8. Dis klaar met ons! Wie sal ons red uit die mag van hierdie geweldige God? Dit is dié God deur wie die Egiptenaars in die woestyn getref is met allerhande plae.

9. Nou sal julle moet dapper wees! Gedra julle soos manne, Filistyne, sodat julle nie miskien slawe word van die Hebreërs soos hulle júlle slawe was nie. Gedra julle soos manne en veg!”

10. Hierna het die Filistyne gaan veg, en die Israeliete is weer verslaan. Hulle het gevlug, elkeen na sy woonplek toe. Daar was 'n baie groot slagting, dertig duisend voetsoldate van Israel het geval.

1 Samuel 4