3. Toe die manskappe van Israel in die laer kom, het die leiers gesê: “Waarom het die Here ons vandag voor die Filistyne laat vlug? Kom ons gaan haal die verbondsark van die Here uit Silo na ons toe dat dit by ons kan wees om ons te red uit die greep van ons vyande.”
4. Die manskappe het na Silo toe gestuur, en die verbondsark van die Here die Almagtige wat oor die gerubs troon, van Silo af laat bring. Eli se seuns Hofni en Pinehas was ook by die verbondsark van God.
5. Toe die verbondsark van die Here in die laer kom, het die hele Israel so hard geskreeu dat die aarde weergalm het.
6. Die Filistyne het die geskreeu gehoor en gevra: “Wat vir 'n geskreeu is dit daar in die laer van die Hebreërs?”Die Filistyne het toe uitgevind dat die ark van die Here in die kamp aangekom het.