1 Samuel 4:19-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Sy skoondogter, die vrou van Pinehas, was swanger en sy was op haar laaste. Toe sy die tyding kry dat die ark gevat is en dat haar skoonpa en haar man dood is, het sy vooroor inmekaargetrek en 'n kind in die wêreld gebring, want die geboortepyne het haar oorval.

20. Toe sy wou sterf, het die vroue wat by haar gestaan het, gesê: “Moet jou nie bekommer nie, want jy het 'n seuntjie.”Sy het egter nie geantwoord of op hulle ag geslaan nie,

21. maar die seuntjie Ikabod genoem en gesê: “Die eer is weggevat uit Israel.”Dit het geslaan op die wegvat van die ark van God en op haar skoonpa en haar man.

22. “Ja,” het sy gesê, “die eer is weggevat uit Israel, want die ark van God is gevat.”

1 Samuel 4