1 Samuel 17:20 Afrikaans 1983 (AFR83)

Dawid het die môre vroeg opgestaan, die kleinvee aan die wagter afgegee, die goed opgetel en gegaan soos Isai hom beveel het. Net toe hy by die kamp aankom, het die leër wat na die gevegslinie toe uitgaan, die oorlogskreet aangehef.

1 Samuel 17

1 Samuel 17:14-26