1 Kronieke 7:4-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Daar was naas hulle ook nog volgens hulle familiestamboom leërafdelings van ses en dertig duisend altesaam. Hulle het baie vrouens en kinders gehad.

5. Hulle stamgenote in al die Issaskargeslagte was sewe en tagtig duisend strydbare manne, almal in die register opgeneem.

6. Benjamin het drie seuns gehad: Bela, Beker en Jediael.

7. Die vyf seuns van Bela was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Hulle was die familiehoofde en strydbare manne. In die register is van hulle twee en twintig duisend vier en dertig opgeneem.

8. Die seuns van Beker: Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet. Hulle was almal seuns van Beker.

9. In die register tel hulle volgens hulle stamboom, hulle familiehoofde, strydbare manne, twintig duisend twee honderd.

10. Die geslag van Jediael was Bilhan en sy seuns Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaäna, Setan, Tarsis en Agisagar.

11. Hulle was almal seuns van Jediael. Hulle geslag was ingedeel volgens familiehoofde, en die strydbare manne, altesaam sewentien duisend twee honderd wat vir militêre diens opgeroep kon word.

1 Kronieke 7