67. Aan hulle is die asielstad Sigem in die Efraimsberge gegee saam met sy weivelde, sowel as Geser,
68. Jokmeam, Bet-Goron,
69. Ajalon en Gat-Rimmon, elkeen met sy weivelde.
70. In die stamgebied van die halwe Manassestam is Aner met sy weivelde en Jibleam met sy weivelde aan die geslag van die oorblywende Kehatiete gegee.
71. Die Gersoniete het in die stamgebied van die halwe Manassestam Golan in Basan met sy weivelde gekry sowel as Astarot met sy weivelde;
72. in die stamgebied van Issaskar: Kedes, Daberat,
73. Ramot en En-Gannim;
74. in die stamgebied van Aser: Misal, Abdon,
75. Gukok en Regob;
76. in die stamgebied van Naftali: Kedes in Galilea, Gammon en Kirjatajim, elkeen met sy weivelde.
77. Die oorblywende Merariërs het in die stamgebied van Sebulon gekry: Rimmon met sy weivelde en Tabor met syne;
78. teenoor Jerigo, oos van die Jordaan, in die stamgebied van Ruben: Beser in die droëveld, Jahas,
79. Kedemot en Mefaät, elkeen met sy weivelde;
80. in die stamgebied van Gad: Ramot in Gilead, Maganajim,
81. Gesbon en Jaser, elkeen met sy weivelde.