45. Gasabja, Amasia, Gilkija,
46. Amsi, Bani, Semer,
47. Magli en Musi tot by Merari seun van Levi.
48. Die tempelsangers se Levitiese ampsgenote is aangestel vir al die dienste van die heiligdom, die tempel van God.
49. Aäron en sy seuns alleen het egter die offerdiens waargeneem by die brandofferaltaar en die wierookaltaar, die diens by die besondere gewyde offers. So het hulle versoening vir Israel gedoen in ooreenstemming met alles wat Moses, die dienaar van God, beveel het.
50. Die geslag van Aäron was soos volg: Eleasar, Pinehas, Abisua,
51. Bukki, Ussi, Seragja,
52. Merajot, Amarja, Agitub,
53. Sadok en Agimaäs.
54. Verder volg nou ook hulle woonplekke volgens hulle tentdorpe in hulle gebied. Omdat die lot hulle aangewys het, is vir die seuns van Aäron, die Kehatgeslag,
55. Hebron in Juda gegee met sy weivelde in sy omgewing.
56. Die lande van die stad met sy dorpies is egter aan Kaleb seun van Jefunne gegee.
57. Aan die Aärongeslag het hulle behalwe die asielstad Hebron ook nog gegee: Libna met sy weivelde, Jattir, Estemoa met sy weivelde,
58. Golon met sy weivelde, Debir met sy weivelde,