1 Kronieke 6:31-50 Afrikaans 1983 (AFR83)

31. Dawid het die volgende manne aangestel om die sang waar te neem in die huis van die Here sodra die ark sy rusplek daar sou vind.

32. Hulle het ook gesorg vir die sang voor die heiligdom, die tent van ontmoeting, totdat Salomo die huis van die Here in Jerusalem gebou het. Hulle het hulle dienste verrig volgens 'n vaste reëling.

33. Die volgende manne het die diens verrig saam met hulle seuns: van die Kehatgroep was daar Heman die tempelsanger, seun van Joël seun van Samuel,

34. wie se geslag teruggaan oor Elkana, Jerogam, Eliël, Togu,

35. Suf, Elkana, Magat, Amasai,

36. Elkana, Joël, Asarja, Sefanja,

37. Tagat, Assir, Abiasaf, Korag,

38. Jishar en Kehat tot by Levi seun van Israel.

39. Heman se ampsgenoot Asaf het regs van hom gestaan. Asaf se geslag het teruggegaan tot by Levi oor Berekja, Sima,

40. Migael, Maäseja, Malkija,

41. Etni, Serag, Adaja,

42. Etan, Simma, Simi,

43. Jagat en Gerson.

44. Hulle ampsgenote aan die linkerkant was die Merarigroep onder leiding van Etan, wie se geslag teruggaan oor Kusaja, Abdi, Malluk,

45. Gasabja, Amasia, Gilkija,

46. Amsi, Bani, Semer,

47. Magli en Musi tot by Merari seun van Levi.

48. Die tempelsangers se Levitiese ampsgenote is aangestel vir al die dienste van die heiligdom, die tempel van God.

49. Aäron en sy seuns alleen het egter die offerdiens waargeneem by die brandofferaltaar en die wierookaltaar, die diens by die besondere gewyde offers. So het hulle versoening vir Israel gedoen in ooreenstemming met alles wat Moses, die dienaar van God, beveel het.

50. Die geslag van Aäron was soos volg: Eleasar, Pinehas, Abisua,

1 Kronieke 6