1 Kronieke 6:15-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Josadak is saam toe die Here Juda en Jerusalem deur Nebukadnesar laat wegvoer het.

16. Die seuns van Levi was Gerson, Kehat en Merari.

17. Hier volg die name van die seuns van Gerson: Libni en Simi.

18. Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.

19. Die seuns van Merari was Magli en Musi.Die Levigeslagte volgens families is soos volg:

20. onder Gerson val Libni, Jagat, Simma,

21. Joag, Iddo, Serag en Jeatrai.

22. Die Kehatgroep is Amminadab, Korag, Assir,

23. Elkana, Abiasaf, Assir,

24. Tagat, Uriël, Ussia en Saul.

25. Die Elkanagroep is Amasai, Agimot,

26. Elkana, Suf, Nagat,

27. Eliab, Jerogam en Elkana.

28. Die seuns van Samuel was Joël die oudste, en Abia die tweede.

29. Die Merarigroep is Magli, Libni, Simi, Ussa,

30. Sima, Gaggija en Asaja.

31. Dawid het die volgende manne aangestel om die sang waar te neem in die huis van die Here sodra die ark sy rusplek daar sou vind.

32. Hulle het ook gesorg vir die sang voor die heiligdom, die tent van ontmoeting, totdat Salomo die huis van die Here in Jerusalem gebou het. Hulle het hulle dienste verrig volgens 'n vaste reëling.

1 Kronieke 6