1 Kronieke 5:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ruben was die oudste seun van Israel, maar omdat hy bloedskande gepleeg het met 'n vrou van sy pa, is sy rang van oudste seun oorgedra op die seuns van Josef seun van Israel, en daarom word Ruben nie as oudste in die geslagsregister opgeneem nie.

2. Juda het wel oor sy broers gesag verkry, en uit hom het die koning voortgekom, maar Josef het die rang van oudste seun gehad.

3. Die seuns van Ruben, oudste seun van Israel, was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi.

4. Die afstammelinge van Joël was in volgorde: Semaja, Gog, Simi,

5. Miga, Reaja, Baäl

1 Kronieke 5