1 Kronieke 4:40-43 Afrikaans 1983 (AFR83)

40. en hulle het geil en goeie weiveld gekry. Die wêreld was oop na alle kante toe en ook rustig en stil. Mense van Gam het tevore daar gewoon,

41. maar in die tyd van koning Hiskia van Juda het hierdie mense wie se name in die lys opgeneem is, daar ingetrek en die nedersettings van Gam verslaan, asook die Meüniete wat daar te vinde was. Die Simeoniete het hulle heeltemal uitgewis en in hulle plek gaan woon, want daar was weiveld vir die Simeoniete se kleinvee.

42. Verder het van hulle, dit is van die Simeoniete, vyf honderd man na Seïrberg toe getrek. Aan hulle hoof was Pelatja, Nearja, Refaja en Ussiël, seuns van Jisi.

43. Hulle het wat oor was van Amalek, verslaan en woon nou nog daar.

1 Kronieke 4