1 Kronieke 3:5-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. Die volgende seuns is vir hom in Jerusalem gebore: Sima, Sobab, Natan en Salomo, al vier seuns van Batseba dogter van Ammiël,

6. en verder die nege seuns Jibgar, Elisua, Elpelet,

7. Noga, Nefeg, Jafia,

8. Elisama, Eljada en Elifelet.

9. Behalwe die seuns van die byvroue was dit al Dawid se seuns, maar hulle het 'n suster ook gehad: Tamar.

10. Die seun van Salomo was Rehabeam, en die geslag loop dan oor Abia, Asa, Josafat,

11. Joram, Ahasia, Joas,

1 Kronieke 3