1 Kronieke 27:7-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Die vierde, vir die vierde maand, was Asael broer van Joab en ná hom sy seun Sebadja.

8. Die vyfde, vir die vyfde maand, was die aanvoerder Samhut, uit Jisrag.

9. Die sesde, vir die sesde maand, was Ira seun van Ikkes, uit Tekoa.

10. Die sewende, vir die sewende maand, was Geles, uit Pelon in Efraim.

11. Die agste, vir die agste maand, was Sibbekai, van Gusa uit die Seraggroep.

12. Die negende, vir die negende maand, was Abiëser, uit Anatot in Benjamin.

13. Die tiende, vir die tiende maand, was Marai, van Netofa uit die Seraggroep.

14. Die elfde, vir die elfde maand, was Benaja, uit Piraton in Efraim.

15. Die twaalfde, vir die twaalfde maand, was Geled, van Netofa uit die Otniëlgroep. Elkeen van hierdie afdelings was vier en twintig duisend sterk.

16. Die beheer oor die Israelitiese stamme was soos volg: Die hoofamptenaar Eliëser seun van Sikri was oor die Rubeniete; Sefatja seun van Maäka oor die Simeoniete;

17. Gasabja seun van Kemuel oor Levi; Sadok oor die Aäroniete;

1 Kronieke 27