26. Die Leviete hoef nie meer die tabernakel met al die toebehore vir sy diens te vervoer nie.”
27. Dit is dus die getal Leviete van twintig jaar en ouer wat diens gedoen het soos Dawid dit kort voor sy dood gereël het.
28. Hulle het die Aäroniete bygestaan in die diens van die huis van die Here. Hulle was verantwoordelik vir die voorhowe, die kamers, die reiniging van al die gewyde dinge en vir die werksaamhede van die tempeldiens.
29. Hulle moes sorg vir die offerbrood, die meel vir die graanoffer, die ongesuurde brood, die bakplaat, die deegmengsel en vir elke inhouds- en lengtemaat.
30. Hulle moes ook elke môre hulle plek inneem vir die dank en lof aan die Here, en so ook saans.