1 Kronieke 22:14-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Onder al my swaarkry het ek vir die huis van die Here drie duisend vier honderd sewe en twintig ton goud en vier en dertig duisend twee honderd en sewentig ton silwer opsy gesit, en 'n massa brons en yster, te veel om te weeg. Ek het ook hout en klip gereed gemaak, en jy kan daar nog byvoeg.

15. Daar is bowendien 'n menigte arbeiders tot jou beskikking: klipkappers, vakmanne in klip en hout, en allerlei ander vakmanne, bedrewe in enige tegniek.

16. Daar is goud, silwer, brons en yster in onberekenbare hoeveelhede. Pak nou die werk aan, en mag die Here by jou wees.”

17. Dawid het ook al die gesaghebbers van Israel beveel om sy seun Salomo te help:

1 Kronieke 22