1 Kronieke 20:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In die lente, die tyd waarin die konings gewoonlik uittrek om oorlog te maak, het Joab die leër uitgelei en die land van die Ammoniete verwoes. Daarna het hy Rabba gaan beleër, maar Dawid het in Jerusalem agtergebly. Nadat Joab vir Rabba ingeneem en verwoes het,

2. het Dawid self gekom en die Ammonitiese koning se kroon van sy kop afgehaal. Dit was van goud, met 'n kosbare steen in, en die gewig van die kroon was sowat vier en dertig kilogram. Dit het nou op Dawid se kop gekom, en hy het ook 'n groot buit uit die stad weggeneem.

1 Kronieke 20