5. Die seuns van Peres was Gesron en Gamul,
6. en die seuns van Serag was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Darda, vyf altesaam.
7. Die seun van Karmi was Akan wat hom aangematig het om te vat wat aan die Here gewy was en so die dood oor Israel gebring het.
8. Die seun van Etan was Asarja.
9. Die seuns wat vir Gesron gebore is, was Jeragmeël, Ram en Kaleb.
10. Ram was die vader van Amminadab, en Amminadab was die vader van Nagson, die heerser oor die Judeërs.
11. Nagson was die vader van Salmon, Salmon die vader van Boas,