1 Kronieke 2:43-49 Afrikaans 1983 (AFR83)

43. Die seuns van Hebron was Korag, Tappuag, Rekem en Sema.

44. Sema was die vader van Ragam, vader van Jorkoam. Rekem was die vader van Sammai.

45. Sammai het 'n seun Maon gehad, en Maon was die vader van Bet-Sur.

46. Kaleb se byvrou Efa het vir Garan, Mosa en Gases in die wêreld gebring. Garan was die vader van Gases.

47. Die seuns van Jodai was Regem, Jotam, Gesan, Pelet, Efa en Saäf.

48. Nog 'n byvrou van Kaleb, Maäka, het vir Seber en Tirgana in die wêreld gebring.

49. Sy het ook vir Saäf, vader van Madmanna, en vir Sewa, vader van Makbena en Giba, in die wêreld gebring. Aksa was 'n dogter van Kaleb.

1 Kronieke 2