1 Kronieke 2:4-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Juda se skoondogter Tamar het vir hom Peres en Serag in die wêreld gebring. Hy het dus altesaam vyf seuns gehad.

5. Die seuns van Peres was Gesron en Gamul,

6. en die seuns van Serag was Simri, Etan, Heman, Kalkol en Darda, vyf altesaam.

7. Die seun van Karmi was Akan wat hom aangematig het om te vat wat aan die Here gewy was en so die dood oor Israel gebring het.

8. Die seun van Etan was Asarja.

9. Die seuns wat vir Gesron gebore is, was Jeragmeël, Ram en Kaleb.

54-55. Betlehem, die Netofaners, Atrot-Bet-Joab, die ander helfte van Managat se mense, die Soreërs, en die skrywersgeslagte wat in Jabes woon, naamlik die Tirateërs, Simateërs en Sukateërs, was nakomelinge van Salma. Hulle is die Keniete wat van Gammat vader van Bet-Rekab afstam.

1 Kronieke 2