33. Jonatan se seuns was Pelet en Sasa. Hierdie mense was almal nakomelinge van Jeragmeël.
34. Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters. Hy het 'n Egiptiese slaaf met die naam Jarga gehad,
35. en hy het toe 'n dogter van hom met sy slaaf Jarga laat trou. Sy het vir Jarga 'n seun Attai in die wêreld gebring.
36. Attai was die vader van Natan, Natan die vader van Sabad,