27. Ram, die oudste seun van Jeragmeël, se seuns was Maäs, Jamin en Eker.
28. Onam se seuns was Sammai en Jada, en Sammai se seuns was Nadab en Abisur.
29. Die naam van Abisur se vrou was Abihajil, en sy het vir hom Agban en Molid in die wêreld gebring.
30. Die seuns van Nadab was Seled en Appajim, maar Seled het kinderloos gesterf.
31. Appajim het 'n seun Jisi gehad. Jisi se seun was Sesan, en Sesan was die vader van Aglai.
32. Jada se seuns was Agi, Sammai, Jeter en Jonatan. Jeter het kinderloos gesterf.
33. Jonatan se seuns was Pelet en Sasa. Hierdie mense was almal nakomelinge van Jeragmeël.
34. Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters. Hy het 'n Egiptiese slaaf met die naam Jarga gehad,
35. en hy het toe 'n dogter van hom met sy slaaf Jarga laat trou. Sy het vir Jarga 'n seun Attai in die wêreld gebring.
36. Attai was die vader van Natan, Natan die vader van Sabad,
37. Sabad van Eflal, Eflal van Obed,