1 Kronieke 2:24-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. Na Gesron se dood het Kaleb gemeenskap gehad met Efrata, 'n vrou van sy vader Gesron, en sy het vir hom Asgur, die vader van Tekoa, in die wêreld gebring.

25. Die oudste seun van Gesron, Jeragmeël, se seuns by Agija was Ram, die oudste, en verder Buna, Oren en Osem.

26. Jeragmeël het nog 'n vrou gehad. Haar naam was Atara, en sy was die ma van Onam.

27. Ram, die oudste seun van Jeragmeël, se seuns was Maäs, Jamin en Eker.

1 Kronieke 2