1 Kronieke 2:11-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Nagson was die vader van Salmon, Salmon die vader van Boas,

12. Boas die vader van Obed, en Obed die vader van Isai.

13. Isai was die vader van Eliab sy oudste, Abinadab sy tweede seun, Samma sy derde,

14. Netanel sy vierde, Raddai sy vyfde,

15. Osem sy sesde en Dawid sy sewende seun.

16. Hulle susters was Seruja en Abigal. Seruja se drie seuns was Abisai, Joab en Asael.

17. Abigal was Amasa se ma en sy pa was Jeter die Ismaeliet.

18. Gesron se seun Kaleb was die pa van 'n dogter, Jeriot, by sy eerste vrou, Asuba. Jeser, Sobab en Ardon was ook haar seuns.

19. Na Asuba se dood het Kaleb met Efrata getrou, en sy het vir hom Gur in die wêreld gebring.

20. Gur was die vader van Uri, en Uri van Besaleël.

21. Later het Gesron met 'n dogter van Makir, voorvader van Gilead, getrou. Gesron was toe sestig jaar oud, en sy vrou het Segub vir hom in die wêreld gebring.

22. Segub was die vader van Jaïr, wat drie en twintig dorpe in Gilead besit het.

23. Gesur en Aram het die tentdorpe van Jaïr verower saam met Kenat en sy buitedorpe, sestig dorpe in totaal. Hulle was almal seuns van Makir, vader van Gilead.

24. Na Gesron se dood het Kaleb gemeenskap gehad met Efrata, 'n vrou van sy vader Gesron, en sy het vir hom Asgur, die vader van Tekoa, in die wêreld gebring.

25. Die oudste seun van Gesron, Jeragmeël, se seuns by Agija was Ram, die oudste, en verder Buna, Oren en Osem.

26. Jeragmeël het nog 'n vrou gehad. Haar naam was Atara, en sy was die ma van Onam.

1 Kronieke 2